loader image

MEER OOR

Ambulanté Terapie Sentrum

Ons bied: Christelike berading. Speel Terapie. MLNP (Multi Level Neuro Therapy) & DBT (Dialectical Behavioral Therapy) & CBT (Cognitive Behavioral Therapy). Lewensvaardighede (Life Coaching).

MEER OOR DIE EIENAAR

Nicolene Benadé

Nicolene is ‘n gekwalifiseerde en geregistreede Christelike berader. Registrasienommer: CO 1430.  Sy het ‘n passie om mense met depressie en angs te help. Sy het eers haar beradingsgraad verwerf en daarna kursusse gedoen in Speelterapie, DBT, CBT, MLNP en Life Coaching.

Sy het gevind dat daar baie mense is met depressie en angs wat as kinders of as volwassenes trauma en verwerping ondervind het en daarom baie seergekry het. Hul sukkel van dag tot dag met depressie en angs en het nie die nodige vaardighede om die lewe en stres te kan hanteer nie. Hul het nie net nodig om die trauma te verwerk met terapie nie, maar hul het lewensvaardighede nodig om dag vir dag te leef en stresvolle en uitdagende situasies te kan hanteer. Mense word nie gebore met lewensvaardighede nie. Hul moet dit geleer word, net soos hul as baba’s geleer word om te loop.  Volwassenes kan agterna terapie kry en die nodige vaardighede aanleer, maar as mens kinders reeds met behulp van speel terapie kan help,  is dit ‘n bonus. Elke mens het die reg om ‘n sonskyndag te kan hê en om die lewe te kan leef en Nicolene wil graag bydra daartoe met die vaardighede wat sy aangeleer het.

Ambulanté
Nicolene Profile pic FB3

VOLG ONS

Facebook blad

Maak kontak met

Ambulanté Terapie Sentrum

Ambulanté Terapie Sentrum: 
Adres:  Voortrekkerweg 292, Noordheuwel, Krugersdorp
Kontak Nommer:  +27 72 378 9683

Gesels gerus met Nicolene op WhatsApp om op boonste skakel te kliek.

INFORMATION

Ambulante (Pty) Ltd 2012/053130/07
Independent School Reg Nr 700401028

Office:
  +27 11 954 3867
Director, Mrs N Benadé:
  +27 72 378 9683
Email:
  info@ambulante.co.za

DIRECTIONS

292 Voortrekker Road, Noordheuwel, Krugersdorp, 1739.


Click here for directions.